


Kinderland is 'n kleuterskool en naskool geleë in Raslouw, Centurion (Gauteng), naby Rooihuiskraal en Wierdapark.
Kinderland kleuterskool se voorskool is vir babas vanaf drie maande. Ons fokus is om kinders vanaf babatyd op die regte manier te stimuleer (elke ouderdom het hulle eie vlak van stimulering). Op hierdie manier is ons regdeur die kinders se kleuterjare besig om hulle skoolgereed te maak.
Ons het 'n naskool vir kinders van graad R tot graad sewe. Ons bied vanaf 2009 nie meer graad R aan nie maar wel graad R naskool, teen dieselfde tarief as gewone naskool. Ons veskaf vervoer vanaf Die Laerskool Rooihuiskraal en Laerskool Wierdapark asook vervoer na buitemuurse aktiwiteite. Nodige hulp word gegee met huiswerk en eksamen tye.
Kinderland se personeel bestaan uit gekwalifiseerde oggend personeel asook goed uitgesoekte middag personeel wat in toesighoudende posisies aangestel is. Kinderland glo daaraan dat die personeel op hoogte moet bly van die nuutste navorsing te doen met babas, peuters en kleuters. Die personeel word dus gereeld gestuur vir kursusse wat handel oor enigiets vanaf die gesondheid, ontwikkeling, opvoeding tot dissipline van kinders. Baie van die middag personeel het na studies hulself opgewerk tot gekwalifiseerde oggend personeel.
Kinderland is gelukkig om 'n baie groot terrein te hê (1 hektaar). Elke klas / ouderdomsgroep het hul eie speelgrond toegerus met klimrame, swaaie, sandputte en baie koelte. Die naskool het ook 'n groot speelterrein, apart van die kleuterskool.
Ons is skoolvakansies oop maar sluit die laaste twee weke van Desember en die eerste week in Januarie.
Kinderland – waar leer en speel, PRET is !!
