


Ouderdom 4-5 jaar: In ons Aladdin-klas word speel-speel geleer om voorbereid te wees vir die belangrike Gr. R jaar wat hierna volg.
Ons begin elke dag met ons godsdienslessie wat skrifgedeeltes sowel as godsdiensliedjies insluit. Hieruit neem ons waardevolle lewenslessies wat die kleuter meer weerbaar vir die lewe maak.
Ons jaarprogram word ingedeel in 'n verskeidenheid interessante temas, wat op 'n gereelde basis ook ondersteun word met instappies en uitstappies wat by die besondere week inskakel.
Gedurende ons skeppende periode versterk ons die kleuter se skeppingsdrang en vermoë. Ons fokuspunte is dan om die kleuter te leer dat dit pret is om self iets te skep. Terwyl ons hiermee
besig is, is ons oogmerk om die kleuter se kleinspier- Daar word reg deur die jaar baie aandag gegee aan perseptuele werk, bv. smaak, gehoor, tas en visuele persepsies. Dan word daar aan voorgrond, agtergrond, groot, klein, bo, onder, voor, agter
en hoeveelheid persepsie gewerk. Kleure en vorms vorm alles nog 'n integrale deel hiervan.
'n Baie belangrike deel van ons werk behels elementêre wiskunde waar ons na getal-waardes tot en met 10 kyk. Ons kleuters moet voorwerpe kan uittel tot 20, tel in Afrikaans tot 60 en in
Engels tot 40. Ons doen afparing van dieselfde, verskillende, meer, minder en leer ook hoe om getalle tot 10 uit te ken.
Ons doen ook elementêre wetenskap, deur eksperimente in die klas uit te voer wat sekere begrippe vir die kleuters makliker verstaanbaar maak. Bv. die maak van botter gedurende ons suiwel-week.
In ons bewegingsspele periode en buitespel tydjie gee ons aandag aan grootspier ontwikkeling, liggaamskruising, balans en waagmoed.
Daar word ook aandag gegee aan Engelse voorbereiding om 'n basiese Engelse woordeskat aan die kleuter te verskaf.
Daar word deurgaande evaluering gedoen sodat seker gemaak kan word dat ons verslagkaarte aan die einde van 'n periode 'n getroue weergawe is van die vordering wat gemaak is.
Kom besoek ons gerus in ons klassie en kom vergewis uself!
Personeel vir die Aladdin-klas personeel bestaan uit:
Bykomende gespesialiseerde dienste:
Voeding: Die kleuters word voorsien van ontbyt (stiptelik 8:00), toebroodjies en koeldrank (10:00), gebalanseerde middagete (12:00), toebroodjies en
koeldrank (14:00) en weer toebroodjies indien die kleuters nog teen 16:00 by die skool is.
Evaluering: Vorderingsverslae word Junie en Desember uitgegee.
![]()