


Alet Victor B.Arb (Pret) PR 6610951
Arbeidsterapeut / Occupational
Therapist
Sel: 082 852 5464
Tel: 012 661 4476
Sterretjieweg 14, Rooihuiskraal
Diens by Kinderland:
Wat is arbeidsterapie? Wanneer het my kind arbeidsterapie nodig? Kinders tussen 1 en 4 behoort aktief te wees, eksperimenteer graag met verskeie apparate, posture, speelgoed en teksture. Wanneer 'n klein kind egter nie van destruktiewe fase (uitpak en omkrap) na 'n konstruktiewe
fase (bou en iets maak) oorgaan nie, oorsensitief voorkom of net apaties is, sal 'n arbeidsterapie evaluasie ook aanbeveel word.
Kinders tussen 4 en 6 behoort nou stil te kan sit vir 'n langer tydperk, opdragte te kan uitvoer, teken-apparaat soos kryte te kan hanteer, speletjies verstaan en speel, 'n handvoorkeur te hê, goed te kan klim en klouter
en fisiese aktiwiteite goed kan uitvoer en geniet. 'n Meer formele evaluasie kan nou deur 'n arbeidsterapeut uitgevoer word om alle fasette van sy ontwikkeling te bepaal en 'n skoolgereedheidstoets kan ook deur haar gedoen word.
Wanneer die kind skool toe gaan word daar gekyk na alle aspekte soos hierbo, maar ook skoolgerigte take soos lees en spel, aandag en konsentrasie asook bilaterale integrasie en motoriese beplanning. Hierby moet hulle goeie
luistervermoëns hê, onafhanklik kan werk en opdragte uitvoer en klaarmaak.
Wanneer u twyfel oor u kind se ontwikkeling is dit beter om die kind vroegtydig te laat evalueer dat die probleem so vroeg as moontlik aangespreek word. Die arbeidsterapeut werk ook saam met ander professionele persone
soos spraakterapeute, fisioterapeute en sielkundiges en sal u na een van hulle verwys indien nodig.
Arbeidsterapie is die identifikasie en behandeling van enige
probleme hetsy fisiek, emosioneel of sosiaal wat die persoon se funksionering beïnvloed deur die gebruik van 'n verskeidenheid aktiwiteite. By kinders is dit veral die identifisering van vroeë ontwikkelingsprobleme hetsy
groot of klein motories, perseptueel of kognitief. Behandeling vind plaas deur middel van speel-
Met 'n kind onder 'n jaar is sy groot motoriese ontwikkeling die grootste aanduiding dat ontwikkeling op standaard is en of daar dalk 'n probleem mag wees. Babas ontwikkel elkeen teen hul eie tempo en afhangende van hul persoonlikheid
en omstandighede sal die een baba byvoorbeeld vinnig leer kruip en 'n ander weer stadiger leer kruip, maar langer kruip voor hy loop. Die volgende kan as basiese riglyne dien: Rol op 5 maande, sit alleen op 8 maande, kruip tussen
10 en 12 maande en loop tussen 12 en 16 maande. Wanneer enige van hierdie ontwikkeling nog later is of indien abnormale patrone (byvoorbeeld kruip op boude) voorkom, behoort 'n arbeidsterapeut geraadpleeg word.
![]()