


Elke baba is spesiaal! In ons Baba-klas (3-12 maande) word babas met baie liefde in 'n rustige en vriendelike omgewing versorg. Ons is altyd 3 personeellede wat 16 babas versorg. Elke baba het sy eie kot om in te slaap en hope speelplek. Ons babas word nooit alleen gelaat nie. Higiëne en baie liefde is bo-aan ons lys!
Die babas kry Mieliepap, Maltabella of Kreemy Meal vir ontbyt (Ryspap vir die heel kleintjies) en Purity groente en vleis vir middagete. Die Purity word elke maand aangepas volgens die baba se ouderdom, so word hulle blootgestel aan verskillende smake en teksture. Hiermee word hulle voorberei om op die ouderdom van 1 jaar "kombuiskos" te kan eet.
Ons babas lê slegs in hul bedjies wanneer dit slaaptyd is. Verder word hulle voortdurend gestimuleer en aangemoedig om die volgende mylpale te bereik. Nogtans beskou ons elke baba as 'n indiwidu wat op sy eie tyd sy eie mylpale sal bereik.
Die Baba-klas personeel woon gereeld kursusse by om so net die beste vir ons babas te kan gee. Babas is ons passie en ons geniet hulle baie!
Personeel vir die Baba-klas bestaan uit:
Bykomende gespesialiseerde dienste:
Voeding: Die Baba-klas volg 'n voedingsprogram wat deur 'n dieetkundige goedgekeur is. Hul voeding word aangepas met hul ouderdom bv. begin met ryspap, vorder na vrugte
ens. Wanneer die babas bevorder word na die senior baba-klas (Bambi) is hulle gereed om gesnyde kombuiskos te eet.
Eie melk moet voorsien word.
Dagprogram: Die Baba-klas volg 'n uitgewerkte stimulasie program. Hulle is die meeste van die tyd op die speelvlak waar hulle leer om te rol, te strek na speelgoed, te sit, kruip, hulself op te trek en uiteindelik te loop. Geen loopringe word gebruik nie.
Evaluering: Evalueringsverslae word op 6 maande, 9 maande en 12 maande uitgegee.
Eie doeke en "wet wipes" moet voorsien word.