Kinderland Kleuterskool en Naskool
Kinderland

Bambi

Senior baba-klas:  Die babas in hierdie klas is tussen die ouderdomme van 12 en 21 maande. Hier word gefokus op goeie versorging sowel as groot en fyn motoriese ontwikkeling. Opvoedkundige speelgoed word voorsien en hulle word speel-speel gestimuleer. Hulle leer die beginstadium van om te plak, verf, skeur, krabbel en met klei te speel. Die ouderdomsgroepie het hulle eie, boomryke speelgrond met 'n sandput, klein klimrame en grasperk waar hulle 2 maal per dag heerlik speel en groot motories ontwikkel. Hierdie is 'n belangrike fase in die peuter se lewe want hier leer hulle sosialiseer, deel en saamspeel.

Die kleuters eet 'n gebalanseerde ontbyt en middagete. Hulle word geleer om self te eet en uit 'n bekertjie te drink. Hulle word broodjies, vrugte, koeldrank en tee as versnapering gegee.

Juffrou Alta en haar assistent Eva is 'n toegewyde span wat met liefde na al die behoeftes van die peuters omsien. Die klas is altyd skoon en netjies.

Personeel vir Bambi (die senior baba-klas) bestaan uit:

'n Voldag personeellid wat kursusse voltooi het in kinderkinetika (baba ontwikkeling en stimulasie) en Famcare (voeding, ontwikkeling en algemene gesondheid van babas).
'n Voldag hulppersoneellid.

Bykomende gespesialiseerde dienste:

Op aanvraag vir indiwiduele peuters, besoek 'n gekwalifiseerde suster die klas weekliks. Sy ondersoek die peuters om hul algemene gesondheid en ontwikkeling te monitor en gee d.m.v. 'n boodskapboekie weekliks terugvoering aan die ouers.
'n Gekwalifiseerde fisioterapeut kan op versoek weekliks 'n peuter besoek wat fisioterapie benodig.
'n Gekwalifiseerde arbeidsterapeut kan op versoek weekliks 'n peuter besoek wat arbeidsterapie benodig

Voeding:  Wanneer die babas bevorder word na die senior babaklas (Bambi) is hulle gereed om gesnyde kombuiskos te eet. Hierdie kos word voorsien uit die Kleuterskool kombuis. Eie melk moet voorsien word. In hierdie klas word die kinders geleer om uit 'n bekertjie te drink en begin leer om self te eet.

Evaluering:  Evalueringsverslae word op 18 maande uitgegee.

Ten slotte:  Eie doeke en "wet wipes" moet voorsien word. Wanneer daar 'n vuil doek buite doekruiltyd is word die doek dadelik geruil.

© Kinderland