Kinderland Kleuterskool en Naskool
Kinderland

Gummi bear

Ouderdom 3-4 jaar:

Die Gummi bear-klas is 'n veilige plek van onderrig en gehalte onderwys in Afrikaans en totale ontwikkeling van die kleuter.
Die kleuter word ontwikkel in 'n stimulerende klas en omgewing met Christelike waardes.
Kleuters word onderrig deur 'n liefdevolle onderwyseres wat omgee en wat weet wat vir die kleuters belangrik is en saakmaak.
Die ouderdomsgroepie het hul eie speelgrond waar hulle grootmotories ontwikkel word en vry kan speel.

Ons volg 'n opvoedkundige program wat deur die Vereniging vir Voorskoolse Onderwys saamgestel is en wat stimulasie en voorbereiding op alle vlakke verseker. Daar word deurgaande evaluasie gedoen. Vorderings-verslae aangaande kognitiewe, sosiale en emosionele ontwikkeling word ses-maandeliks uitgegee.

Personeel vir die Gummi bear-klas bestaan uit:

'n Gekwalifiseerde oggend onderwyseres. Die onderwyseres is ten volle opgelei en doen gereeld opknappingskursusse wat deur kundiges en leerfasiliteerders aangebied word.
'n Middag toesighouer. In die middag is daar 'n aflosdame wat toesig hou, groot motoriese stimulering met die kleuters doen en verseker dat die kleuters hul vrye buitespel geniet.
'n Voldag hulppersoneellid. Daar is ook 'n assistent wat help om in die behoeftes van die kleuters te voorsien.

Bykomende gespesialiseerde dienste:

'n Gekwalifiseerde fisioterapeut kan op versoek weekliks 'n kleuter besoek wat fisioterapie benodig.
'n Gekwalifiseerde arbeidsterapeut kan ook op versoek weekliks 'n peuter besoek wat arbeidsterapie benodig.

Voeding:  Die kleuters word voorsien van ontbyt (stiptelik 8:00), toebroodjies en koeldrank (10:00), gebalanseerde middagete (12:00), toebroodjies en koeldrank (14:00) en weer toebroodjies indien die kleuters nog teen 16:00 by die skool is.

Evaluering:  Vorderingsverslae word Junie en Desember uitgegee.

© Kinderland