


Kinderland het twee naskool klasse. Die skoolkinders word na skool met 'n bussie by die skool gaan haal. Ons bussie is geregistreer vir openbare vervoer en die bestuurder het 'n openbare bestuurs-lisensie. Sy neem ook die kinders na hul naskool aktiwiteite. Vir ouers wat hul kinders baie vroeg moet aflaai, vat ons ook skoolkinders met die bussie laerskool toe.
Daar word toesig gehou oor die kinders se huiswerk en waar nodig word hulle gehelp. In eksamentye word daar ook die nodige hulp gegee.
Skoolvakansies kom die naskool kinders voldag na Kinderland.