


Ouderdom 2-3 jariges: 'n Klas met 'n ontspanne, vriendelike atmosfeer in 'n veilige omgewing. Die klas spog met sy eie opwindende tog veilige speelgrond.
In die Pinocchio-klas glo ons dat 'n kind baie liefde, persoonlike aandag en ondersteuning nodig het om positief te kan ontwikkel. In die klassie bemagtig ons die kleuters om te ontwikkel tot hul volle potensiaal. Hier word aan al ons kleuters die geleentheid gegee om basiese lewensvaardighede te bekom bv:
Die Pinocchio-klas het ervare personeel nl:
Deurentydse evaluering word gedoen en twee maal per jaar word 'n volledige skriftelike verslag aan die ouers gegee.
Bykomende gespesialiseerde dienste:
Voeding: Die kleuters word voorsien van ontbyt (stiptelik 8:00), toebroodjies en koeldrank (10:00), gebalanseerde middagete (12:00), toebroodjies en koeldrank (14:00) en weer toebroodjies indien die kleuters nog teen 16:00 by die skool is.