Kinderland Kleuterskool en Naskool
Kinderland

Smurfie

Ouderdom sowat 21 maande tot omtrent 2,5 jaar. Hierdie klas is waar die peuters toiletgebruik geleer word.

Sodra die peuters na die Smurfie klas oorgeplaas word begin die personeel hulle evalueer vir gereedheid om toiletgebruik te leer. Die klas het sy eie instap badkamer met 6 kinder spoeltoilette, wasbak en doekruil tafel. Kinders word vanaf 2 jaar geleer om die toilet te gebruik.

Hierdie klas volg ook 'n stimulasie program soortgelyk aan die vorige klas maar waar meer kuns en vaardighede (bv. knip) ook nou ingebring word. Groot motoriese ontwikkeling is belangrik sowel as woordeskat ontwikkeling. Die personeel is toegerus om op al hierdie aspekte te fokus.

Personeel vir die Smurfie klas bestaan uit:

'n Gekwalifiseerde oggend personeellid. Behalwe haar onderwys studies het sy ook kursusse voltooi in kinderkinetika (baba ontwikkeling en stimulasie) en Famcare (voeding, ontwikkeling en algemene gesondheid van peuters).
'n Middag toesighouer. Sy het kursusse voltooi in kinderkinetika (baba ontwikkeling en stimulasie) en Famcare (voeding, ontwikkeling en algemene gesondheid van peuters). Sy is ook besig met pre-primêre studies om haarself as voorskoolse onderwyseres te kwalifiseer.
'n Voldag hulppersoneellid.

Bykomende gespesialiseerde dienste:

Op aanvraag vir individuele peuters besoek 'n gekwalifiseerde suster die klas weekliks. Sy ondersoek die peuters om hul algemene gesondheid en ontwikkeling te monitor en gee d.m.v. 'n boodskapboekie weekliks terugvoering aan die ouers.
'n Gekwalifiseerde fisioterapeut kan op versoek weekliks 'n peuter besoek wat fisioterapie benodig.
'n Gekwalifiseerde arbeidsterapeut kan op versoek weekliks 'n peuter besoek wat arbeidsterapie benodig

Voeding:  Die kleuters word voorsien van ontbyt (stiptelik 8:00), toebroodjies en koeldrank (10:00), gebalanseerde middagete (12:00), toebroodjies en koeldrank (14:00) en weer toebroodjies indien die kleuters nog teen 16:00 by die skool is.

Evaluering:  Evalueringsverslae word op 2 jaar en 2,5 jaar uitgegee.

Ten slotte:

Eie doeke en "wet wipes" moet voorsien word.
Wanneer daar 'n vuil doek buite doekruiltyd is, word dit dadelik geruil.
Genoeg broekies / onderbroekies moet voorsien word wanneer "potty training" begin.

© Kinderland Kleuterskool  +  Doxa Deo