Kinderland Kleuterskool en Naskool
Kinderland

Stimulasie

'n Stimulasie program word gevolg in alle klasse. Alle personeel (oggend en middag) wat met babas en peuters werk, het 'n kursus voltooi in kinderkinetika wat fokus op die ontwikkeling en stimulasie van babas en kinders tot op 3-jarige ouderdom.

Die senior baba-klas se personeel doen weeklikse voorbereiding en fokus op woordeskat, kleure, persepsie, musiek, groot en klein motoriese ontwikkeling ens. In hierdie klas kry hulle 'n vorderingsverslag op 18 maande.

Op 22 maande gaan hulle na die volgende klas waar hulle ge-evalueer word vir toiletgebruik. Die klas het sy eie instap badkamer met 6 kinder spoeltoilette, 'n wasbak en doekruil tafel. Kinders word vanaf 2 jaar geleer om die toilet te gebruik. Hierdie klas volg ook 'n stimulasie program soortgelyk aan die vorige klas maar waar meer kuns en vaardighede (bv. knip) ook nou ingebring word. Hierdie klas kry vorderingsverslae op 2 jaar en 2,5 jaar.

Hierna word die kinders jaarliks bevorder na die volgende 3 klasse. Hulle het weeklikse temas bv. Veiligheid in en om die huis, Ons land, Wilde diere ens. Die stimulasie program in die klasse word rondom die tema gehou wat fokus op woordeskat, persepsie, musiek en beweging, groot en klein motoriese ontwikkeling, voorbereidende syferkunde, voorbereidende skrif en nog vele meer.

Ons werk ook in al ons klasse op 'n Christelike grondslag. Een of twee maal per termyn het ons 'n in- of uitstappie wat verband hou met een van die temas.

© Kinderland